Blogs

Ou-Vrou-Onder-Die-Kombers Met Championship Boerewors

todayApril 16, 2024 43

Background
share close

Boerewors

Kyk, daar is min dinge so lekker soos n Shoprite Checkers Championship Boerewors op die kole, en reguit op n vars brötchen, dis n feit! Maar, mens hoef nie so lekker boereworsie slegs op die kole te geniet nie.

Ouvrou-onder-die-kombers, is n ou wenresep nommertjie, een waarmee ek groot word het. Maar, dis waar ek die storie sal stop, voor dit een van daai resepte word waar jy vir dae lank lees, voor jy  by die resep self uitkom. As jy weet dan weet jy!

 

Hier is wat jy nodig het:

100 g (200 ml) Ongesifte Koekmeelblom

1 ml Sout

1 Eier

125 ml Melk

125 ml Water

500 g Rou Boerewors (Championship natuurlik, hoe anders!)

15 ml Botter

Voorverhit die oond tot 180°C.

Sif die koekmeelblom en sout saam. Maak n holte in die middel van die meelmengsel en breek die eier daarin oop. Meng die melk en water, en klits die helfte daarvan by die droë bestanddele.

Klits die res van die vloeistof geleidelik by, maak toe en laat rus vir so 30 min.

Terwyl jy die deeg laat rus, pak die boerewors in n bak. Ek hou daarvan om die pak in kleiner worsies op te deel, eerder as om die hele pak wors as een in die bak te sit.

Boerewors

Stip die wors met die botter en sit in die oond. Ek laat die wors en botter so 6-7 minute warm word, en dan haal ek dit uit.

Boerewors

Giet dan die deeg mengsel oor die warm wors en bak in die oond vir so 45 minute, tot lekker bros en goudbruin.

Boerewors

Waarmee jy dit bedien is jou keuse, maar dit werk baie lekker saam met n groenslaai.

 

Onthou, inskrywings vir die 2024 Shoprite Checkers Champion Boerewors kompetisie is nou oop. So as jy weet jou eie boerewors resep is n regte wenner, stel ek voor jy skryf in!

Daar is groot pryse te wen, plus, die wenner se boerewors sal op die rakke by Shoprite en Checkers geplaas word vir n volle jaar!

Vir meer inligting en inskrywings, kliek hier:

Home | Namibian Champion Boerewors Competition (championwors.com)

Written by: Anne Mans

Rate it

Contact Us

Nova-phone-icon
Office: Phone: 083 000 1000
Nova-phone-icon
Studio: Phone: 083 000 1035
SMS: 1035 (N$2 / sms)
Telegram: 083 000 1035
Whatsapp: 083 000 1035
Nova-marker-icon
Location: 3rd Floor Old Power Station Armstrong Street, Windhoek

FOLLOW US ON FACEBOOK

0%