Blogs

Lemoen Slaai

todayNovember 11, 2023 459

Background
share close

 

Hierdie resep is n bietjie werk, en gaan nie jok nie, maar ek kan belowe, dat elke liewe happie van hierdie lemoenslaai, die regte, egte moeite werd is!

Dis n slaai waarmee ek groot geword het, n classic wenresep reseppie.

Jy Benodig:

6 tot 8 lemoene (Maar ek sou voorstel, verdubbel sommer die slaai)

100g Suiker

175 ml Water

15 ml Botter

30ml Vlapoeier.

Nou hier is waar die moeite inkom…

Eerste moet jy die lemoen skil, en al daai with velletjies afkry. Dan sny jy die lemoene is dik skywe, en elke huisie moet jy dan uit die vliesie wat dit aanmekaar hou, uitsny. Maar ek sal by se, as jy eers n sisteem en jou ritme gekry het, dan gaan dit eintlik vinnig.

Dan sit jy nou al jou skoon stukkies lemoene in a bak, en strooi die suiker oor. Roer dit, en laat dit rus vir so 10 min.

Volgende moet jy die vla maak. Verhit die water op die stoof voeg die botter by en laat dit kook. Maak dan die vlapoeier met n klein bietjie koue water aan, en gooi dit versigtig in daai kokende water in. Dan moet jy baie mooi roer, sodat jy nie klonte kry nie, en sodra dit gaar en dik is, gooi jy dit (net so warm) bo-oor die lemoene.

Maak die bak mooi toe, en sit dit in die yskas, tot dit afgekoel het.

Written by: Anne Mans

Rate it

Contact Us

Nova-phone-icon
Office: Phone: 083 000 1000
Nova-phone-icon
Studio: Phone: 083 000 1035
SMS: 1035 (N$2 / sms)
Telegram: 083 000 1035
Whatsapp: 083 000 1035
Nova-marker-icon
Location: 3rd Floor Old Power Station Armstrong Street, Windhoek

FOLLOW US ON FACEBOOK

0%