Blogs

Die lewende legende Anton Goosen bring ‘n nuwe album uit

todaySeptember 13, 2024 111

Background
share close

Die lewende legende Anton Goosen het onlangs ‘n nuwe album vrygestel.

Ek was baie nuuskierig om sy nuwe musiek te hoor, want daar is so baie van sy liedjies wat my terug neem na verskillende tye in my lewe.  Ek dink aan liedjies soos Blommetjie Gedenk Aan My en Geelperskereën.  Ek sien op Wikipedia dat ‘n voorligtings onnie vir hom gesê het dat hy eerder moet vergeet van ‘n loopbaan in musiek.  Hy was 17 jaar oud.  In 1963 is hy blykbaar uit die koshuis geskors wat hy is in die bad gevang rook en guitar speel.   Dit klink vir my na ‘n goeie begin vir ‘n Rock & Roll leefstyl.   Hy het dieselfde jaar sy skool se eerste rock group begin.  En vandag is hy bekend as die vader van Afrikaanse Rock.  Ek is bly hy het nie geluister na die voorligtings onnie nie.

Sirkels bevat nege nuwe liedjies, insluitend drie toonsettings – “Bly by my, (my lief)” en “Êrens is jy” van Antjie Krog, asook “Apollo 11” (Ruimtestasie Houston) van DJ Opperman. Dit sluit ook twee duette, met onderskeidelik Lise Swart en Zolani Mahola van Freshlyground, in.

+

Written by: Karlien Kruger

Rate it

Similar posts

Blogs

The Leo’s of the Lions Club

It's been a while since I've gotten excited about a project for the youth.  I really think that the Leo's of the Lions Club is a great initiative to develop your child's confidence and talents. And all this happens while they get involved in community upliftment projects and make new […]

todayMay 15, 2025 14 2


Contact Us

Nova-phone-icon
Office: Phone: 083 000 1000
Nova-phone-icon
Studio: Phone: 083 000 1035
SMS: 1035 (N$2 / sms)
Telegram: 083 000 1035
Whatsapp: 083 000 1035
Nova-marker-icon
Location: 3rd Floor Old Power Station Armstrong Street, Windhoek

FOLLOW US ON FACEBOOK