
Op die 8ste Mei vier ons 100 jaar van Afrikaans. Alhoewel Afrikaans ongeveer 300 jaar oud is, is dit slegs een honderd jaar vandat Afrikaans as ‘n amptelike taal in Suid Afrika aanvaar is. Nie almal wat by Nova werk het in ‘n Afrikaanse huis groot geword nie. As jy na hul name kyk sal jy dadelik besef dat David Bishop en Ian Fraser volbloed Engelsmanne is. Karlien het besluit om hul vaardighede in Afrikaans toets, en verbasend genoeg het hierdie twee manne heel goed gevaar.
Van die betekenis van woorde, uitsprake en Afrikaanse tongknopers, luister gerus hoe goed die manne hul van hul taak gekwyt het.